
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Eugene stel sy mikroskoop op hierdie week se verkiesings in Suid-Afrika en die VSA in, terwyl Piet du Plessis bekommerd na onluste in Europa loer.
Du Preez de Villiers vind die belangrikheid van erfenis in die vlamme wat die Voortrekkermonument onlangs omsingel het, en Hilde diep digitaleit se wortels op.
Johan Heinrich Leeuw wys uit hoe KI stelselmatig mag oorneem, en in sy DinkWeer Donderdag terugskouing vra Paul en Immanuel Kant vir Grok en ChatGPT waarheen nou.
Lekker vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
In die Verenigde State het die Demokratiese Party 'n groot oorwinning tydens die middeltermyn-verkiesings behaal.
In Frankryk het honderdduisende mense betoog teen die stygende lewenskoste, wat gelei het tot grootskaalse optogte en honderde arresteerbevele in Parys.
Die Midde-Oosterse spanning het verder opgevlam nadat die Amerikaanse weermag beperkte teikenstakings op Iran se Qeshm-eiland uitgevoer het te midde van voortgesette konflik.
Die Demokratiese Republiek die Kongo is in 'n krisis dompel nadat die dodetal van ‘n aggresiewe nuwe Ebola-uitbraak (die Bundibugyo-straming) sedert Mei vanjaar die grens van 5 000 sterftes verbygesteek het te midde van kommer oor verdere verspreiding na buurlande.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Eizenkot’s Choice deur Amichai Magen op Persuasion.
Thank God for Brave Men deur Louise Perry op WSJ Opinion Free Expression.
The Banker Trying To Save Liberalism deur Jeffrey Tyler Syck op Persuasion.
Trump Lost Because He Betrayed America First deur Michael Dougherty op The Free Press.
A Different Kind of Election deur Charles Lane op Persuasion.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.











