Voldag Vrydag met OntLaer (7 Augustus 2026)
Oor paraatheid, populisme en hoe die redaksie nou moet proeflees.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël waarsku dat Suid-Afrika transformatisme moet afwerp sonder om die grondwetlike bestel saam daarmee af te brand en Angus Douglas voer aan dat woke dogma én regse reaksie die Weste se erfenis bedreig.
Deeglike proefleeswerk voorkom duur foute en aanspreeklikheid, skryf Hilde Kruger en Piet du Plessis bepleit militêre paraatheid as die beste waarborg vir vrede.
Frederik verklaar blikbrein-skryfwerk persona (of is dit robota?) non grata by OntLaer, en Ayanda Zulu voer aan dat die stryd om vryheid ook buite die stembus gewen word.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
FIFA-baas erken fiasko oor privaatbeleggingsplan, maar klou aan sy pos.
Sosialistiese kandidaat Abdul El-Sayed klop sentris ná naelskraapse Demokratiese stryd in Michigan.
Netflix se bergreus Nirmal Purja sterf saam met 'n geslag klimlegendes.
SpaceX se verdwaalde vuurpyl boor nuwe krater in die maan.
VN waarsku oor Iran se bloedige teregstellingsgolf.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Slopulism is taking over America deur Noah Smith op Noahpinion.
Wat is 'n universiteit veronderstel om te wees? deur Marthinus Visser op Maroela Media.
Surely Liberals Can Agree That Plagiarism Is Bad deur Sam Kahn op Persuasion.
Vir alle Bothas: 'n Belydenis aan die San deur David Botha op Binne+Land.
Ceuta, Morocco, Understanding the Situation deur Zineb Riboua op Beyond The Ideological.
What Dostoevsky Understood About Political Rage deur Rob Henderson op sy Substack.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














