
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Frederik stel voor dat kwalitatiewe ontleding van die plaasgeweldkrisis kan help om politieke debat, aktivisme en beleidsdenke te rig, en Eugene is bekommerd dat die 2026 plaaslike verkiesings 'n tekort aan goeie openbare kommunikasie makeer.
Hilde wonder of dit game over is vir een van Suid-Afrika se meer geliefde en langstaande winkels, en Bouwe van der Eems bekyk die groei in ontbondelde, gedesentraliseerde onderwysoplossings.
Piet du Plessis bepleit versigtiger denke wanneer dit by sterk begrippe soos volksmoord kom, Barend Wesseloo bekyk die wêreld post-7 Oktober deur die oë van sommige oorlewendes, en Daniël se DinkWeer Donderdag-rubriek bring 'n ode aan die ontslape Jeffrey Archer.
Lekker vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Vrae word gevra oor die geheimhouding en moontlike nalatigheid met die dood van die navorser Darya Shipilova in Irkutsk, Rusland, vermoedelik te wyte aan die patogeen bekend as Yersinia pestis, die oorsaak van die Plaag wat oor die eeue verwoesting gesaai het.
Dis verkiesingskarnivaal in Brasilië, en die kandidaat Flavio Bolsonaro (seun van Jair) het die eerste ronde van die presidentsverkiesing daar gewen.
Goeie nuus na hierdie week se plaaslike brandstofprysskokke: Die Pentagon het die Amerikaanse leërhoofde (US Central Command) beveel om op 'n gereedheidsgrondslag te wees vir verdere aanvalle op Iran.
Die Hoethi-rebellebeweging eskaleer aanvalle op Saoedi-Arabië, met 'n gewaagde aanval op die Riyaad-lughawe.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The FMF’s Memorandum to the Americans deur David Ansara
Veld-wonders met slimfoon ontsluit deur Charles Smith op Netwerk24
SA/VSA: Quo Vadis II deur JP Landman op Binne+Land
There is no “Indian Question deur Noah Smith op Noahpinion
Riots, Le Pen and the end of the Fifth? deur Daniel Salt op Politically homeless
The AfD Emerged From a Respect Deficit deur Francis Fukuyama op Persuasion
What Communism Does to Kindness deur Rob Henderson
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.












