Discussion about this post

User's avatar
Theo's avatar

More, ek lees jou berig oor die Soweto opstande. Ek sou verwag dat jy jouselg goed bewus sou gemaak het oor die ware redes vir die Soweto opstande, eerder as om vir die leuens daaroor te val. Kom ek help jou oor die ware rede vir die opstande. Die Pac het n rede gesoek om n opstand te begin. Hulle was n verbode organisasie en het n plek gesoek waar hulle kon vergader. Hulle het die Young African Christian movement ingesypel en die naam na Young African religious movement (Yarm) verander, om meer gelowe te betrek. Onder die dekmantel is vergaderings gehou om die jeug bewus te maak van die diskriminasie teen hulle, oor hoe swak Bantoe onderwys was, hoe blankes meer geld as swartes verdien het en hoe die tuislande gestig is om Hulle te verdeel. Ene Zephania Mothopeng was die leier. Toe hoor hulle van die probleem met Afrikaans. Op die stadium is vier vyfdes van swart mense se belasting gebruik vir swart onderwys. Die departement het gesê die helfte van die vakke moet in Afrikaans en die ander in Engels wees, want as jy klaar met matriek is het jy die tale nodig om werk te kry. Wat hulle nooit byvoeg nie, is dat die departement ook besluit het, as daar nie onderwysers was wat die vak in Afrikaans kan aanbied nie, kan hulle aansoek doen om al hulle vakke in Engels aanbied. Toe die opstande uitbreek by die eerste sewe skole was daar geen Afrikaans in ses van die sewe nie,en een vak in Afrikaans in die sewende skool. Die Pac het hulle aangemoedig om regerings geboue te teiken en af te brand om sodoende die ekonomie n knou te gee. Die polisie, voertuie ens is onder klippe gesteek en die polisie moes optree. Mense is geïntimideer om nie werk toe te gaan nie en aan die stakings deel te neem. As jy nie geluister het nie, is jy aangerand of jou huis afgebrand. 

Die is die waarheid wat nie in deesdae se Geskiedenis boeke verskyn nie. Ek was middel in die opstande, as onderwyser, in die 80's in n swart skool, ek het alles eerstehands beleef, gesien hoe n gemeenskap in absolute vrees vir die comrades, wat n klein, goed georganiseerde, minderheid was, wat die gemeenskap geterroriseer et. As jy nie geluister het nie, is jy aangerand of jou huis afgebrand, as jy durf waag het om aan die munisipaliteit se verkiesings deel te neem is jy dood gemaak. As n joernalis, moet jy altyd dieper delf, en nie net aanvaar wat jy in die skole geleer is nie. Ek het n Lewens wetenskappe boek onder oë gehad, daarin word die kinders vertel dat die heelal 4,5 biljoen jaar oud is, en dat lewe vanuit een sel in die see gebore is??

Met vriendelike groete

Theo Pieterse

PIET DU PLESSIS's avatar

GROOT EN WAAR WOORDE, Frederik. "Asof 'n metafisiese skandvlek op die begrip “Afrikaans” eers deur 'n vorm van boetedoening moes gaan, vir 'n onbepaalde tydperk, met geen duidelikheid oor wie die boete moet betaal nie." Ons selfgeseling moet einde kry...

3 more comments...

No posts

Ready for more?