Vandag met OntLaer (13 Februarie 2026)
Alles wat die week op OntLaer verskyn het.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Paul skryf oor hoe Ming-China se doelbewuste kusverbod en oordrewe sentrale beheer 'n belowende wêreldmoondheid se voorsprong geknou het, en Hercules Boshoff waarsku dat 'n orde wat mag bo verantwoordelike nadenke verhef, homself ondermyn.
Die debat oor pleknaamverandering woed voort en die Kruger-koor laat hom hoor: Hilde waarsku teen die verlies aan erfenis en handelsmerkwaarde, terwyl Hügo die ideologiese motiewe en Sobukwe se nalatenskap bevraagteken.
Natasha Burge vra waarom afwyking van liberale ortodoksie so maklik as “fascisme” bestempel word, Mark Oppenheimer skryf oor die Roedean-voorval en antisemitiese diskriminasie teen 'n Joodse skoolspan en Paul se DinkWeer Donderdag-stuk reflekteer oor verlede week se temas van identiteit, magsverskuiwing en die noodsaak om weer vaste morele lyne te trek in 'n tyd waar alles vloeibaar geword het.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.













