Vandag met OntLaer (16 Januarie 2026)
'n Kort opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Hilde Kruger is terug in aksie met 'n insiggewende skryfstuk oor geskiedkundige onregte in die kunste en patente, en Bouwe van der Eems ondersoek die ANC-geleide regering se sinnelose onsinnighede as dit by internasionale betrekkinge kom.
Hügo Krüger bied 'n roerende en fassinerende eerstehandse blik op die denkwyses en toestande in Iran wat persoonlik aan hom bekend is, en Barend Wesseloo neem die geopolitieke rol van die Midde-Ooste verder met 'n digte besinning oor die invloed en modus operandi van radikale Islamisme.
Paul neem die tydmasjien na antieke Athene, om insig te verkry oor die hartseer verlies aan potensiaal en die oorsake daarvan, en ons deel gister se DinkWeer Donderdag-bydrae deur Daniël, wat hom met die president in boeie bemoei.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.












