Voldag Vrydag met OntLaer (1 Mei 2026)
Volgeprop met vars denke vir jou Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël val na sy vakansie weg in 'n vars bries wat waai uit El Salvador en Argentinië met lesse vir Suid-Afrika se deernis-aanbidders, Bouwe van der Eems neem die debat oor skoolkurrikulums verder, en Piet du Plessis bekyk Roelf Meyer se politieke tiekiedraaie teen die realiteite van ons tyd.
Lia Snijman maak haar debuut op OntLaer met 'n treffende besinning oor lesse wat ook vir Afrikaners uit die pen van die Nederlandse skrywer Yael van der Wouden te voorskyn kom, en Barend Wesseloo skryf besorg oor die diskursiewe oorsake van die huidige vlae Jodehaat wat die wêreld belas.
Plaaslike leenskrywers Handré van Heerden en Chris Hattingh bring laastens - onderskeidelik - insigte oor prysberekeninge in sosialistiese ekonomieë en 'n woord van frustrasie met Suid-Afrika se uitgediende buitelandse beleidsvorming.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Koning Charles wen Washington DC oor ná 'n staatsbesoek-skouspel.
Aanvalle deur die IDF het verlede Sondag tot 14 sterftes in Libanon gelei.
Die groot hofsaak tussen xAI se Elon Musk en OpenAI se Sam Altman gaan voort, met Musk wat reeds sy tweede dag in die getuiebank deurgebring het. Die eis handel onder andere oor wat Musk beweer op ongeregverdigde verryking van Altman uit OpenAI neerkom.
Die Iranse rial het Woensdag 29 April sy laagste verhandelingswaarde tot nog toe teenoor die Amerikaanse dollar getref, toe een dollar 1,81 miljoen rial werd was.
Die Suid-Afrikaanse regering is in die proses om vir Bellarmine Mugabe, die seun van wyle Robert Mugabe, na Zimbabwe te deporteer na 'n skuldigbevinding aan onder andere oortreding van die immigrasiewet.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“Lessons in Combating Polarization” deur Brian Levy op Persuasion
“Palantir and the New Order” deur Yanis Varoufakis op Savage Minds
“Has Michael Jackson been forgiven?” deur Matt Feeney op UnHerd
“Yes, The Right Has an Omnicause” deur Virginia Karnstein op Persuasion
“Die Bybelse volk, die moderne staat Israel en die ‘taak van bevryding’ deur Marthie Momberg op Binne+Land.
“The right-wing case for social media” deur Alex Yates op The Critic
“The Grim Truth about Remigration” deur Boyd Tonkin op UnHerd
“Can Dartmouth save the Ivy League?” deur Jonas Du op The Free Press.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















