Voldag Vrydag met OntLaer (10 Oktober 2025)
Vrydagdenke op Oom Paul se dag (ons hoop almal kry hul reëntjie!).
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël Eloff waarsku dat die antwoord op transformatisme nie die ou foute moet herhaal nie, terwyl Eugene Brink in die doodsvonnis van Joseph Kabila, voormalige President van die DRK, 'n bevestiging van Afrika se afkeur in politieke opposisie raaksien.
Hilde Kruger loer na die rol wat kuns en kleur in Checkers se sakesukses speel, en Barend Wesseloo se lesersbrief reageer op 'n artikelbydrae van Nils Gilman wat aanvoer dat Charlie Kirk se debatte eintlik maar vertonings was.
In 'n verdere lesersbrief deur Jurie van der Walt duik priemende vrae op oor die implikasies vir Israel van haar beweerde uitverkorenheid, en in hierdie week se geskiedenisbrokkie skei Prof. Fransjohan Pretorius feit van fiksie rakende die krysgevangeneming en ontsnapping van Winston Churchill.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Israel en Hamas het ingestem tot 'n skietstilstand in Gasa.
Volgens die energie-dinkskrum Ember het hernubare energiebronne steenkool in die eerste helfte van vanjaar verbygesteek as die wêreld se grootste bron van elektrisiteit.
Duisende mense vlug tans uit Mosambiek namate radikale Moslem terreurgroepe die landgebied oorneem.
Die rekordvinnige ineenstorting van nóg 'n Franse regering dui op 'n dieperliggende krisis vir president Emmanuel Macron en Frankryk.
Anti-regeringsbetogings in Madagaskar duur al vir drie weke voort.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“The Green Party’s war on women: Magical thinking has replaced ecological clarity” deur Julie Bindel op UnHerd
“The Power Theory of Free Speech” deur Yascha Mounk op sy Substack.
“Why Argentina’s Economy is Floundering” deur Quico Toro op Persuasion
“Oligarge word meer in aanloop tot verandering” deur Alida Kok op Netwerk24
“The ‘death of expertise’ was an assisted suicide” deur Shane Littrell op Bullshitology
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.