Voldag Vrydag met OntLaer (12 September 2025)
'n Donker week van dood, deug en politieke debatte word op OntLaer bespreek
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël Eloff skryf oor Bouwer van Niekerk se moord en die lang lys van geteikende ondersoekers en fluitjieblasers, terwyl Hilde Kruger skryf oor die skokkende storie van die aanval op Iryna Zarutska in die VSA.
Eugene Brink bespreek selfbeskikking dieper as die bumper-sticker konsep en Paul Maritz ontleed Floyd Shivambu se Afrika Mayibuye Movement se manifes en vernaam hul uitdruklike houding teenoor wit Suid-Afrikaners.
Gasskrywer Angus Douglas soek waardigheid buite slagoffer-sentimentaliteit, John Grady Atreides pleit vir Roosevelt-styl deug bo sterkmanne en in die week se geskiedenisbrokkie met OntLaer kyk Prof. Fransjohan Pretorius terug na militêre attachés in die Anglo-Boereoorlog.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Bekende Amerikaanse aktivis Charlie Kirk is in 'n sluipmoordaanval in Utah oorlede, en Amerikaanse owerhede is nog opsoek na sy moordenaar.
Die grootste hidro-elektriese dam in Afrika, die Grand Renaissance-dam, wat £3,7 miljard gekos het is in Ethiopië geopen.
Die 23-jarige Oekraïnse vlugteling Iryna Zarutska is in Noord-Carolina doodgesteek en dit het debat aangevuur oor immigrasie en openbare veiligheid in die VSA.
Tydens dodelike anti-korrupsie-betogings in Nepal is regeringsgeboue aan die brand gesteek en minstens neëntien mense is dood terwyl die regering 'n sosiale-media-verbod herroep het.
Israel bestook Hamas leiers in Doha, Katar.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“The long death of the centre-left” deur Wolfgang Munchau op UnHerd
“An ignominious suicide: the ANC on death watch” deur Hermann Pretorius op The Daily Friend
“Unbundle the University” deur Yascha Mounk
“What America lost with Charlie Kirk” deur Sohrab Ahmari op UnHerd
“Suddenly the English Nation Is Astir” deur Frank Furedi op Roots & Wings
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.