
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël verwelkom ons in 'n tydsgewrig van wydverspreide koalisiepolitiek wat elders lankal normaal is, en Piet du Plessis voorspel die strategiese venstertjie wat 'n DA-ANC koalisie kan bied.
Lezli Edgar ontleed die vele gesigte van ons almal se slaggat-swemmende Gogo, en Hilde bekyk die unieke entrepreneuriese trekkragte van plastiekbottels.
David Ansara vertel oor moralistiese heksejagte by Ikeys wat die nekhare laat rys, 'n anonieme OntLaer-leser bespied die Afrikaners tussen nou en vorentoe, en oudergewoonte het ons gister se DinkWeer Donderdag-rubriek, waarin Daniël onder andere die nuwe Notre Dame besoek.
Lekker vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Anders as James Bond, is daar maar min wegsteekplek vir die grootbaas van Nvidia Jensen Huang se gulpglipse: 'n Geopolitieke drama (en baie memes) bly woed oor Huang se verhouding met die vermoedelik Chinese tegno-spioen Alice Huang.
Amerikaanse saakgelastigdes is in Moskou om weer te probeer vrede beding in Oekraïene.
Die DRK se president Felix Tshisekedi het 'n nuwe wet onderteken wat die weg baan na grondwetlike wysigings om vir hom 'n derde termyn te verseker.
Venezuela, nou onder nuwe bestuur, voer by die COP31 klimaatberaad aan dat hulle nie sal ophou olie boor nie, synde dat hulle 'n soewereine staat is.
'n 24-uur staking is in Spanje uitgeroep, en die Duitsers blyk op hul hakke te wees.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Huang flew east, Huang flew west, Huang flew over the cuckoo’s nest deur Willem Kempen op Binne + Land
Campuses Need More Pluralism, Not Less deur Eboo Patel op Persuasion
How the West learnt to hate itself op die Behind the Narrative substack
These are the coalition deals under discussion op The Common Sense
Why I’m becoming a China bear deur Noah Smith op sy substack Noahpinions.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.












