DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Paul en sy kollega Adi Schlebusch vra of alle uitlegte van gelykheid waarlik gelyk is, Daniël ondersoek die ANC se ideologiese gentrifikasie terwyl Frederik die BELA onderwyswet konsepregulasies uitpluis en Dr Hercules Boshoff die rol en plek van die polisie in die moderne staat heroorweeg.
Reuben Coetzer wonder wat werklik agter die EFF se “insourcing“” oftewel selfvoorsieningsdryf steek, en Hilde Kruger verf 'n vars invalshoek en woordskildery oor pigmentpolitiek.
Prof. Fransjohan Pretorius bespreek in hierdie week se geskiedenisbrokkie die Boere-Ultimatum van 9 Oktober 1899.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Donald Trump gaan die Oekraïne-oorlog met Vladimir Poetin bespreek by 'n militêre basis in Alaska, wat tydens die Koue Oorlog teen die USSR opgestel is.
Volgens die Amerikaanse regering se 2024-verslag oor menseregte in die VK het die situasie versleg, met geloofwaardige berigte van ernstige beperkinge op vryheid van uitdrukking.
Volgens die VSA-Staatsdepartement se 2024-verslag oor Suid-Afrika het die menseregtesituasie versleg en die verslag merk die ondertekening van die Onteieningswetsontwerp as kommerwekkend, verwys na berigte oor willekeurige moorde, arrestasies/aanhoudings en onderdrukking van rasseminderhede.
Iran het tydens die 12-dag oorlog met Israel 21 000 mense aangehou, te midde van Teheran se vrese oor moontlike infiltrasie deur Israeliese intelligensie.
Die Afrika-unie het sy steun vir 'n veldtog uitgespreek wat die 16de-eeuse Mercator-wêreldkaart wil verruil vir 'n kaart wat die ware grootte van dié kontinent weerspieël.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“As jy dink jy woon in 'n demokrasie, dink weer...” deur Koos Malan op Netwerk24
“Race, power and money in South Africa” op The Economist
“The twilight of liberal credentialism” deur Oliver Traldi op UnHerd
“Mamdani and the New Phase of Wokeness” deur Gregory Conti op First Things
“The U.S. Marches Toward State Capitalism With American Characteristics” deur Greg Ip op The Wall Street Journal
“Why the Right loves the ‘r-slur’” deur Louise Perry op die Substack Maiden Mother Matriarch
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.