
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Theuns du Buisson waarsku dat Suid-Afrika besig is om sy toekoms weg te dobbel en Hilde Kruger ondersoek hoe smaakmakers van digitale beroemdes tot entrepreneurs ontwikkel.
Stefan Jacobs en Nicholas Woode-Smith wys hoe die debat oor “wit volksmoord” die aandag van die werklike krisis van plaasmoorde aflei, en ek vra hoe groot ons kring van medemenslikheid is.
Hercules Boshoff vertaal Goethe se besinning oor waarom ware kuns meer verg as om bloot die natuur na te boots; Barend Wesseloo ontbloot die verstommende logika van antisemitisme en in die week se DinkWeer-Donderdag ontdek Paul ná 'n uitmergelende bergmarathon dat ware vryheid soms begin wanneer jy besef hoe klein jy werklik is.
Lekker vol. Lekker lees!

INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Oekraïense aanvalle op Russiese datasentrums laat outomatiese internetverkeer vanaf Yandex met 94% tuimel en wek vrae oor Rusland se aanlyn propagandamasjien.
Australië wil tegnologiereuse dwing om gebruikers toe te laat om aanbevelingsalgoritmes af te skakel.
Hitler Mussolini is tot burgemeester van 'n dorpie in Peru verkies.
Netflix sny sowat 1 000 poste namate mededinging van goedkoper platforms soos YouTube toeneem.
Donald Trump se gewildheid tuimel voor die Amerikaanse middeltermynverkiesing, met sy netto goedkeuringsyfer op 'n rekordlaagtepunt van -27.

INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Marco Rubio’s Masterclass On Western Civilization deur Ben Shapiro op The Daily Wire
A Nobel for New Keynesian macro, at last! deur Noah Smith op Noahpinion
Gender identity and its discontents deur Rogers Brubaker op sy Substack
AI is ushering in a techno-feudal future deur Joel Kotkin op Spiked
How capitalism can help the countryside deur Max Anderson op The Critic
The Search for a Post-Enlightenment Democracy deur Martin Gurri op Persuasion
Why South Africans loathe News24 and what to do about it op The Common Sense
Gesoek: 490 000 mense om Johannesburg te red deur Retha Fick op Netwerk24
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.












