Voldag Vrydag met OntLaer (17 Julie 2026)
Vloedwyn vir jong Suid-Afrika.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Frederik klem sy een oog toe en kyk krities na kultuurskermutselings rondom Christopher Nolan se film The Odyssey, en Hilde Kruger klink 'n glasie op die Van Loveren-vloedwynprojek.
Louis Boshoff meen dat aanvalle op Die lied van Jong Suid-Afrika misplaas is; in 'n vertaalde artikel maak Francois Lion-Cachet die saak dat Johannesburg lank reeds die regsprekende hoofstad van Suid-Afrika geword het en Johan Weideman herinner klein partye aan hul sleutelrol in ons demokrasie.
Ons buurman Professor Johan Fourie leen vir ons 'n vertaalde artikel oor die digitale pers en intekenmodelle wat vir ons as redaksie stof tot nadenke bied, en in sy DinkWeer Donderdag-beurt vind Daniël die gaping tussen woorde en werklikheid.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Die Ebola-virus versprei tans vinniger in die DRK as ooit tevore.
Frankryk stem ten gunste van geassisteerde dood.
Engelse Premierliga-Argentyne tart Engeland met Falkland-banier ná Wêreldbekeroorwinning.
Swak diamantvraag, veral uit China, laat De Beers se grootste diamantmyn in SA vir twee jaar sluit.
Die VSA het Iran wéér gebombardeer, Trump dreig tans met “baie harde” aanvalle en wil nou die Straat van Hormoes bewaak.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
12 questions for the center-left deur Nate Silver op Silver Bulletin.
Why I Won’t Debate Critics of Israel deur Sam Harris op sy Substack.
Senegal Is on the Brink deur Hannah Rae Armstrong and John McIntire op Foreign Affairs.
Trump's plan for Nato 3.0 deur Lily Lynch op UnHerd.
Afrikanerman: Verlies sonder afskeid deur dr. Mart-Marie Uys op Maroela Media.
The Millennial Fears the Sting of Downward Mobility deur Rob Henderson in gesprek met Louise Perry op die Rob Henderson Substack.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















