NEEM KENNIS, INTEKENAARS: Wil jy elke artikel op OntLaer rollend in jou inboks ontvang? Gaan na jou rekening-instellings en kies “OntLaer Daagliks”.
🔗Skakel: https://www.ontlaer.co.za/account.
DIE WEEK IN DRIE (en 'n bietjie) SINNE:
Daniël bepeins die stukkende simboliek agter die storie van Suid-Afrika, Paul betreur nog kommissies en vra hoe lank die afwesigheid aan aanspreeklikheid nog geduld gaan word, en Frederik waarsku teen 'n vervakte politieke geheue (ja, nie “vervlakte” nie, maar die sinspeling is kwaai - reds.).
Dr. Hercules Boshoff flits nuwe lig op die onderwerp van meriete, Eddie Gunn ondersoek die foutlyne van die moderne universiteitswese en Dr. Adi Schlebusch en Martin Meyer skryf oor die netelige kwessies van etnisiteit en identiteit.
Die aanvaarding van die eie kom na vore uit Frank Furedi se skrywe, en Paula Slier reageer op 'n artikel deur Dr Marthie Momberg in verlede week se OntLaer. Oudergewoonte is daar ook weer 'n geskiedenisbrokkie deur Prof. Fransjohan Pretorius.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE NUUS OM VAN KENNIS TE NEEM
Donald Trump het Rusland se handelsvennote, insluitend China en Indië, gedreig met 100% invoerheffings indien Vladimir Poetin nie binne 50 dae 'n vredesooreenkoms onderteken om die oorlog in Oekraïne te beëindig nie.
Benjamin Netanyahu sit nou met 'n een-setel-meerderheid in die Knesset nadat United Torah Judaism, 'n ultra-Ortodokse party, sy regerende koalisie verlaat het uit protes teen 'n nuwe wetsontwerp oor militêre diensplig.
Paul Biya, president van Kameroen en die oudste staatshoof op aarde, het aangedui dat hy homself weer vir hierdie amp verkiesbaar wil stel, ten einde sy 43 jaar aan die stuur nog 'n keer te verleng.
Die Trump-administrasie het weer begin met deportasievlugte na tussenganger bestemmingslande, en vyf migrante van verskillende lande is na eSwatini gestuur.
In die Verenigde Koningkryk sal dit voortaan vir 16-jariges moontlik wees om aan verkiesings deel te neem.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“Nobody votes for podcasters” deur Michael Lind op Tablet
“Is the U.S. Ready for the Next War?” deur Dexter Filkins in The New Yorker
“On Taiwan’s forgotten front line, all the defensive drills in the world may not matter” deur Allegra Mendelson in The Telegraph
“Nobody Has a Personality Anymore” deur Freya India op The Free Press
“Liberalism Needs Community” deur Francis Fukuyama op Persuasion
“Why Trump hates Europe” deur Yascha Mounk op sy Substack
“Lauren Southern’s bombshell memoir: Andrew Tate, Evangelicalism and the cost of political fandom” deur Mary Harrington op UnHerd
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou - die leser - terugvoer kry.