Voldag Vrydag met OntLaer (19 Desember 2025)
Vir oulaas, 'n Vol Vrydag in 2025. (En ons bereik 300 gepubliseerde artikels.)
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël sluit die jaar af met 'n standpunt vir nuwe fokus op dinamiese stede as politieke spilpunte teenoor lummelagtige nasionale regerings, en Frederik laat hom vrystroom uit met herdenkinge oor moeilike jare en die dubbele valensies van 16 Desember, wat 'n naamsverandering benodig.
Lezli Edgar wonder waarmee is Susie Wiles en die Withuis besig in die Vanity Fair, terwyl Dirk Hartford waarsku teen die gevolge van ongelyke maatskaplik-ekonomiese omstandighede.
Barend Wesseloo lig sy wenkbroue vir die Haagse Groep van aktiviste, Tersia du Plessis betreur die feit dat basiese taalvaardigheid nie op die staat se onderwysagenda is nie, en leser Johan Weideman wonder waarom lê die buurte van Bloem nie meer so blou nie, en gaan geniet u Kerstyd!
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Islamitiese terreur eis 16 lewens by Hanukkah-vieringe op Bondi Beach, Sydney, Australië. Die feit dat 'n Moslem-man in 'n heldedaad een van die twee skieters gegryp en ontwapen het, krap blykbaar gevestigde narratiewe oor hierdie soort tragedies om.
Die Trump-administrasie stel volledige reisverbod in teen nog sewe lande en teen Palestyne.
M23-rebelle sê hulle sal die Kongolese dorp Uvira wat hulle aangeval het, verlaat weens die VSA se intrede om die konflik te probeer beredder.
Die SAOG, onder Suid-Afrikaanse voorsitterskap sedert die Oktober-staatsgreep in Madagaskar daardie land van die voorsitterstoel onthef het, reken by monde van Cyril Ramaphosa dat Madagaskar 'n nasionale dialoog moet hou oor hul uitdagings (jy kan hierdie nie opmaak nie - red.)
In China sal daar van 1 Januarie 2026 af 'n 13% belasting op kondome gehef word as deel van dié land se poging om skamele geboortesyfers te laat styg.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“Across the universalism” deur Jacob Phillips op The Critic
“The Sweden Syndrome” deur John Carter op sy Substack
“They Don’t Believe It Either” deur Maarten Boudry op sy Substack
“Media moet waghonde wees, nie skoothonde van regeerders” deur Flip Buys op Maroela Media
“America’s new doctrine of Empire” deur Aris Roussinos op UnHerd
“Islam, Muslims, and the refusal to think clearly” deur Helen Pluckrose op haar Substack
“How BEE ends” deur Johan Fourie op sy Substack, Our Long Walk
“Inside the Battle to Abolish Birthright Citizenship” deur Damon Linker op Persuasion
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














