Voldag Vrydag met OntLaer (19 Junie 2026)
Pille, die Pers en 'n totsiens aan Portchie.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Bouwe van der Eems waarsku dat Suid-Afrika se skoolstelsel seuns toenemend agterlaat en in 'n stuk deur Vusi Vilakati, vertaal deur Hercules Boshoff, word daar gevra hoe teologie ons kan help om onder samelewings se mooi openbare taal te kyk.
Hilde Kruger bring hulde aan Portchie en David Hockney en Christoff Odendaal skryf uit Nederland verlangend oor Panado asook rentmeesterskap van antibiotika.
Lezli Edgar beskryf Afrikaanse lesers se soeke na 'n herkenbare kulturele tuiste, Piet du Plessis bied 'n Gramsciaanse blik op die Afrikaner se verlies aan kulturele hegemonie en in die week se DinkWeer Donderdag ondersoek Frederik waarom Afrikaans nie in eindelose skuld- en slagofferdebatte moet vasval nie.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Trump se vredesplan met Iran laat Israel benoud.
Japan se minister van verdediging sê die land moet sy militêre vermoë versterk en sy pasifistiese naoorlogse houding heroorweeg.
VK regering verbied sosiale media vir onder-16’s.
Hongarye se LP’s keer Orbán se terugkeer en beperk eerste ministers tot agt jaar aan bewind.
Anthropic waarsku G7-leiers om nie oor KI-uitrol te versplinter nie, nadat Trump twee van die maatskappy se uitvoere op veiligheidsgronde geblokkeer het.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The excesses of intellectual illiberalism deur Megan Dent op The Critic
A “Failure of Journalism” in Canada deur Tara Henley op Persuasion
Iran is Trump’s Katrina deur Noah Smit op Noahpinion
The rise of Britain’s neo-Nazis deur Felix Pope op UnHerd
The Long, Slow Death of Social Democracy deur Ruy Teixeira op The Commonplace
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















