Voldag Vrydag met OntLaer (24 Oktober 2025)
OntLaer delf hierdie week in mag, media, mites en moedertaal.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
In die internasionale arena waarsku Wessie du Toit teen die Weste se naïewe houding jeens China, terwyl Jurie van der Walt die politieke toekoms en morele erfenis van Benjamin Netanyahu oorweeg.
Plaaslik skryf Paul Maritz oor erfenis wat 'n verantwoordelikheid vir ook laatmilleniërs is, Bouwe van der Eems argumenteer die BELA-wetgewing is geheel onvanpas vir die tuisonderrigsektor en Frederik van Dyk wys hoe Suid-Afrikaners, anders as Europeërs, met 'n dieper, meer digte en egte sin vir diversiteit leef.
Angus Douglas bekyk Suid-Afrika se soeke na “sterk gode,” en Louise Mabille skryf oor tegnologiese transformasies wat die ou media-ortodoksies skud.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Japan se regerende Liberale Demokratiese Party het 'n koalisie-ooreenkoms met die regse Japanse Innovasieparty gesluit, wat die weg gebaan het vir Sanae Takaichi om as die land se eerste vroulike eerste minister verkies te word.
'n Onwaarskynlike alliansie bestaande uit 800 bekendes, insluitende Steve Bannon, Prins Harry en Stephen Fry, het 'n formele griefdokument onderteken wat beswaar maak teen die ontwikkeling van superintelligente KI .
Zimbabwe se regerende Zanu-PF het met pogings begin om Mnangagwa se presidentskap tot 2030 te verleng deur middel van 'n grondwetwysiging.
Suid-Afrika se groeiende gewildheid as 'n uitkontrakteringsbestemming weens relatief laer salarisse maak die land gewild onder oorsese finansiële diensverskaffers, bepaald in IT, data-ontleding en digitale bemarking.
Britse troepe is na Israel ontplooi as deel van 'n vredesmissie om die wapenstilstand in Gasa te handhaaf.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
“Klasaksies word nou die norm in Suid-Afrika” deur Ross Kudo op Netwerk24
“When Self-Interest Leads to Economic Ruination” deur Alex Demas op The Dispatch
“Javier Milei is no libertarian” deur Yanis Varoufakis op UnHerd
“In a World Obsessed With Innovation, What If Most of It Isn’t Real?” deur Sarah Majdov op Persuasion
“I miss the great philosophers” deur Kathleen Stock op UnHerd
“Capitalism Isn’t Responsible for Society’s Flaws, You Are” deur Joseph Klein op The Black Sheep
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.













