DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël maak private kennis openbaar terwyl Hercules oor woorde aan die woord kom.
Hilde bewonder die kuns van kerke, Bouwe van der Eems sit sy reeks oor ouerskapsregte in onderwys voort, en Hügo Krüger maak 'n draai in die moderne wiskundeklas.
Eugene, in sy DinkWeer Donderdag-beurtrubriek en Piet du Plessis is beide skepties oor die ANC se gereedheid vir die komende verkiesing, en kyk 'n bietjie wat onder die enjinkap van dié party aangaan.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Minstens 360 mense is dood en meer as 1 400 word vermis na 'n gletserineenstorting op die Nepal-Tibet-grens.
Afrika is weens 'n massiewe toename in sonkraginstallasies op koers na 'n rekordjaar van “skoon” energie.
Die tegnologiereus Nvidia het rekord-kwartaalverkope van $96,2 miljard en byna $60 miljard se wins aangeteken, en voorspel 'n verkopegroei van 70% vir die volgende jaar.
Meta kan tot en met $18 miljard betaal om 'n regstwis van geskiedkundige omvang te skik oor bewerings dat Facebook en Instagram kinders doelbewus aan tegnologie laat verslaaf raak het.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het aangekondig dat die dodelike Ebola-uitbraak in Uganda amptelik verby is.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
In defence of slop deur Kristian Niemietz op The Critic
Should feminists pity Lindsay Clancy? deur Victoria Smith op UnHerd
Intellektuele tradisie leef net waar dit versorg word deur Danie Langner op Maroela Media
The unhinged fandom of Lindsay Clancy deur Jenny Holland op Spiked
Marwan Barghouti’s Cinematic Universe deur WSJ Free Expression
Big Business and Government are complicit in failing the people op The Common Sense.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















