Voldag Vrydag met OntLaer (6 Februarie 2026)
Volgeprop met vars denke vir jou Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël verklaar dat ons die beste moet maak met die kompleksiteit van die tydsgewrig waarin ons leef, Frederik bekyk die voorwaardes vir Suid-Afrika en ander lande na aanleiding van Kanadese premier Mark Carney se Davos-toespraak en Eugene Brink skil appeltjies met onlangse pleknaamveranderinge.
Na aanleiding van debatte oor die onderwerp, wonder Lezli Edgar oor die beperkinge van die toenemend gekritiseerde begrip van “aanlyn-gemeenskappe”, Leandré Steenberg besing die lof van ondersoekende joernalistiek en Jurie van der Walt oorweeg Suid-Afrikaanse Christene se houdings en standpunte oor die Gaza-konflik krities.
Gasskrywers Nils Gilman en John Grady Atreides maak (onderskeidelik) voorstelle vir die “amptesuiwering” van die Amerikaanse staatsdiens wanneer Trump vertrek, en argumenteer dat die woke verskynsel eintlik min met liberalisme uit te waai het.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Die Epstein-dokumente, vrygestel op las van die Trump-administrasie, het nou al selfs vir wyle Robert Mugabe betrek (soos die bekende lewendes se name nou uitspring, is oorle Bob dalk een van die gelukkiges - red.)
Die VSA se vloot in die Indiese Oseaan naby die Persiese Golf het 'n Iraniese hommeltuig neergeskiet, na oorlewering was dit uit selfverdediging.
Die 15-jaaroue New START kerninperkingsverdrag tussen die VSA en Rusland het verval op 5 Februarie 2026, en Donald Trump reken dat 'n “beter verdrag” net opgestel moet word.
Navorsers het bevind dat 2025 die derde warmste jaar op rekord is (sedert 1850) en slegs deur 2023 en 2024 oortref word.
Europa se belangrikste satelliete is na bewering deur Russiese spioenasie-ruimtetuie onderskep.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Why mission government failed deur Joe Hill op die Re: State Substack
An Editor’s Lament deur Ben Sixsmith op sy Substack The Zone
Die Reg + die Woord van God deur Piet Croucamp op Binne+Land
Skades en Skandes van die Departement van Kuns en Kultuur deur Alana Bailey
Big Agriculture, Big Government Align on Restricting Private Access to FMD Vaccine op The Common Sense
Agterstories: Ou nuus kry nuwe baadjie deur Johan Fourie op Litnet
You have to be human deur Freya India op After Babel
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














