Voldag Vrydag met OntLaer (24 April 2026)
Herfstyd is leestyd en dinktyd!
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Dr Eugene Brink en Hügo Krüger wandel langs die Straat van Hormoes, en Bouwe van der Eems vra of Suid-Afrika werklik soewerein is.
Dr Hercules Boshoff verduidelik waarom mansstudente die Geesteswetenskappe verlaat, en Helen Pluckrose bepleit 'n liberale benadering tot gender-ideologie.
Piet du Plessis skree “hou bene hou!” vir behuisingswaardigheid, en in ons weeklikse Dinkweer Donderdag speel Frederik Jenga-blokkies met Chesterton se muur.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Donald Trump het die skietstilstand van tussen Israel en Hezbollah in Libanon met drie weke verleng, met toenemende internasionale druk vir vrede in die Midde-Ooste.
Rodrigo Duterte, voormalige president van die Fillipyne, staan tereg op misdade teen die mensdom, na aanleiding van dodelike anti-dwelmveldtogte wat tussen 2016 en 2022 plaasgevind het, toe hy aan bewind was.
Romuald Wadagni is amptelik die nuwe President van Benin. Hy het voorheen as Minister van finansies gedien.
Nadat Viktor Orbán sy weerstand teen 'n EU lening aan die Oekraïne teruggetrek het, pomp die Oekraïne weer olie na Hongarye en Slowakye.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The EU must not wait till Israel starts executing Palestinians deur Tamam Abusalama van BBC.
Russell Brand: spray-on Christian. He still worships himself deur Kathleen Stock op UnHerd.
Trump ál meer die blinde profeet van ’n blinde geloof deur Johann Rossouw in Rapport.
The Death of Capitalism: Welcome to the Age of the Cloud Lords deur Yanis Varooufakis op die Global Updates Substack.
UBI advocates should watch South Korea deur Lars Doucet op die Progress and Poverty Substack.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















