Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Daniël, dis regtig verblydend dat ons nou ook makliker in ander tale gelees kan word. Ek is juis van opinie dat daar massiewe onkunde oor die ware Suid-Afrika in die buiteland is. Baie buitelanders se belangstelling in Suid-Afrika het getaan toe die walglike apartheidspleegers vervang is deur wat almal gedink het meestal Madiba-klone was. Toe hoor en lees hulle ook nog dat Suid-Afrika die beste grondwet in die wêreld het. So, wat kan verkeerd gaan in so ’n land van wonderwerke? Baie buitelanders was dus verlig dat daar ten minste toe een probleem minder in die wêreld was waaroor hulle hulself moes bekommer. Die goeie ouens in Suid-Afrika het die boses oorwin — en dit is dit. Nou-ja, ongelukkig het hulle toe die grootste deel van die laaste 30 jaar se Suid-Afrikaanse “pret” gemis… (Ek hoor wat jy sê oor die bykans oordadigeanalise-paralise deesdae, maar my ervaring wanneer ek skouers skuur met buitelanders, is dat daar baie onkunde is oor ons werklike Suid-Afrikaanse dilemmas.)

Ek is heeltemal eens met wat jy sê oor die gebreke in vandag se “debatvoering” wat meestal bestaan uit vierletterwoorde of eenlyners. Dis erg frustreerend veral op sekere mediaformate wat eintlik geskape was vir sulke reaksies. Facebook is ’n perfekte voorbeeld. Die ou Twitter met sy erge beperkings op die aantal woorde was ook ’n “one-liner”-paradys.

Laastens, Daniël, in voortbouing op jou baie goeie analise, daar is beslis ’n behoefte aan meer objektiewe, gebalanseerde en goed nagevorste joernalistiek. Daarom is daar beslis plek vir publikasies soos OntLaer wat nie die skares met populisme en woede wil bereik nie, maar met rustige kontemplasie…

No posts

Ready for more?