Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Paul, ek was tot ongeveer 10 jaar gelede nog op regtig groot skaal as "Sosiale Media Aktivis" op veral Facebook betrokke. Ek was deel van die Administrasie van meer as 10 Facebook-groepe (meestal groepe met politiek as sentrale tema) en met 'n totale ledetal van meer as een miljoen. Dit het my die bynaam laat verdien as "Piet Politiek"!

Ek kan myself dus eerstehands met jou siening vereenselwig. Baie selde was die "gesprekke" van aangename aard. Die normale reaksie, om jou effens op verdraaide wyse aan te haal, was "rou emosie ... en ... irrasionele en verbete onverdraagsaamheid..." Ek het myself soms ook daaraan skuldig gemaak, want politiek is per se emosioneel van aard, in plaas van rasioneel.

Wat my egter vir jare lank geweldig baie sogenaamde "Volgelinge" laat kry het — en besonder baie reaksies op my bydraes en/of eie kommentare — was om (meestal!) self kalm en beredeneerd te probeer wees en met sagte antwoorde/reaksies te probeer reageer. Dit het baie dikwels die angel uit sekere mense se bitsige/beledigende kommentare gehaal. (Die Bybel is inderdaad reg oor sagte woorde wat die grimmigheid afkeer, of so iets...)

Dan is daar natuurlik die meerderheid aan wie geen salf te smeer is nie. Hulle "gesigloosheid" en die relatiewe onaantasbaarheid wat hulle in die kuberruimte bevoorreg is om te ervaar, laat min ruimte vir gesonde verstand en die gebruik van ordentlikheid, rasionaliteit, of selfs net goeie ou respek vir ander mense se opinies en/of feitelik gebaseerde stellings.

Net 'n gedagte, wat nie noodwendig verskil van wat jy gesê het nie: soms dring die gediertes ("wolwe") tog wel ons spreekwoordelike tuine binne. Veral deesdae waar ons dikwels tuinmaak in die kuberruimte. Dis dan wanneer ons natuurlik moet keer vir die vale! Die stryd in die kuberruimte het al meer "werklikheid" geword; dikwels meer werklik vir 'n massiewe deel van die huidige mensdom as die werklikheid vanself.

No posts

Ready for more?