Vandag met OntLaer (Vrydag 30 Mei 2025)
'n Sloernalistiese saamdink oor gebeurtenisse en reaksies.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël, Frederik, en Eugene Brink ontleed al drie die President se onlangse Ovalkantoor-publiekeverhoor uit verskillende hoeke.
Marius Oosthuizen verduidelik sy geloofspad van strategie na geregtigheid, Jano le Roux kyk na die omgewingsimpak van KI, en Paul dink ‘n bietjie hardop oor vryheid van spraak in die 21ste eeu.
Anthony Hazell kyk na waarom die toekoms sonder goeie onderwys reeds verlore is, en Daniël se tweede stuk waarsku oor federalisme-finansies.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Die Kremlin het gereageer op Donald Trump se beskrywing van Vladimir Poetin as “absoluut mal” en sê “almal emosioneel is” onder stygende druk en temperature.
Trump stel 50% tariewe op EU-goedere en 25% op Apple-produkte voor.
Namibië herdenk vir die eerste keer die volksmoord deur die Duitsers in die vroeë 20ste eeu met 'n amptelike gedenkdag.
Duitse kanselier Friedrich Merz sê Israel se optrede in Gaza regverdig nie burgerlike lyding nie en hy verstaan nie meer hul doel nie.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
BLM’s legacy? Revived white identitarianism - Andrew Doyle op UnHerd
Groot Landbou verraai boere met sy paai-beleid - Hermann Pretorius op Netwerk24
Op weg na ‘n beter Suid-Afrika - Koos Malan op Maroela Media
End of the rainbow: Pride’s fall can’t come soon enough -
Gareth Roberts op The Spectator