DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Eugene Brink onthou 9/11 en wat alles daarop gevolg het, en Francois Lion-Cachet verduidelik die “Reg tot die Stad” soos dit in onlangse konstitusionele regspraak vervat word.
Daniël Eloff ontleed die ANC se hede en verlede, Piet du Plessis skryf dwingend oor sy ervaringe aan die koue kaderhart van ons staatsadministrasie en Bouwe van der Eems wonder waar hy sy kruisie gaan trek.
Hilde Kruger roer haar koffie terwyl sy skryf oor skryf, en Hügo Krüger navigeer die VN se nuwe wêreldkaart terwyl Ash Müller in 'n leenskrywe sug oor huispryse in die Kaap.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Spaanse intelligensie het vooraf oor die massa-instroming van 72 000 migrante na Ceuta gewaarsku, ondanks die Spaanse premier se bewering dat dit onvoorsienbaar was.
Spanning in die Midde-Ooste het toegeneem nadat die Iran-gesteunde Hoethi-beweging 'n strategiese hawestad aan die Rooisee ingeneem het.
Die Europese Sentrale Bank het sy sleutelrentekoerse verhoog weens inflasiedruk wat deur die konflikte in die Midde-Ooste aangedryf word.
Algerië het besluit om alle diplomatieke bande met die Verenigde Arabiese Emirate te verbreek na maande van politieke spanning.
In Griekeland is die amptelike Olimpiese vlam aangesteek vir die Dakar 2026 Jeug-Olimpiese Spele, die heel eerste Olimpiese sportbyeenkoms in Afrika.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Wat die pessimiste oor Suid-Afrika mis deur Adi Enthoven op Binne+Land.
Politiek, korrupsie, mag en *#&@! is lankal bedmaats deur Hein Willemse op Netwerk24.
What Makes Vance Appealing deur Michael Dougherty op National Review.
Vir dié mevrou was Pretoria “vreeselijk duur en prullerig” deur Fransjohan Pretorius op Netwerk24.
Trump Breaks Glass, Joins Socialists, Embraces Bribery deur Charles Cooke op National Review.
Yes, AI Might Really Kill Us All deur Daniel Kokotajlo op The Free Press.
Think twice about age verification deur Jeffrey Cieslikowski op Persuasion.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.
















