Voldag Vrydag met OntLaer (2 Julie 2026)
Simunye-vibes wat eg is, Steenhuisen wat weg is, en of KI-kuns nou reg is.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Daniël plot die inploffingskoers van sosialistiese tendense in Suid-Amerika, en Eugene redeneer dat die DA sy Steenhuisen-hoofstuk moet afsluit.
Hilde Kruger sit haar gedagtes oor “Kuns en KI” voort met 'n besinning oor die skielike nuwe rol van die kunskurator, en Hügo Krüger wonder oor gewone Iraniërs se lot indien die Revolusionêre Mag sy greep verstewig na die vredesooreenkoms.
Jaco Kleynhans stel die voorwaardes vir Amerikaanse eenheid met die herdenking van 250 jaar sedert Amerikaanse onafhanklikheid, Piet du Plessis belig en vier die sosio-kulturele eenheidstekens onder Suid-Afrikaners, en leser Theo Pieterse deel sy herinneringe as onderwyser in die Baai in die onstuimige jare na die Soweto Opstande.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Nog vredespraatjies, sê jy? Besprekings vir vrede oor vrede in Doha.
Die Amerikaanse Hooggeregshof het Trump se poging om Amerikaanse geboorteburgerskap te beperk in 'n 6 ten 3-uitspraak verwerp.
DR Kongo sleep Rwanda internasionale hof toe oor dekades lange konflik.
Pakistanse aanvalle dood minstens 28 in Afghanistan terwyl spanning met die Taliban-regering toeneem.
Minstens 21 mense in Kiëf dood ná 'n Russiese hommeltuig- en missielaanval
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Why Britons Really Regret Brexit deur Niall Ferguson op sy Substack
Solidariteit wil net hê wat Max du Preez reeds het deur Flip Buys op Netwerk24
Reading Is Dead. And We Killed It deur Leonora Barclay op Persuasion
Die onsigbare besoeker aan 'n geheime sitting in die Ou Raadsaal deur Fransjohan Pretorius op Netwerk24
Why the Public Soured on Pride deur Julie Bindel op Compact
Why China got rich and India didn’t deur David Oks op sy Substack
30 Junie wys staat se afhanklikheid van private sekuriteit deur Cobus Steenkamp op Maroela Media
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















