Voldag Vrydag met OntLaer (20 Februarie 2026)
Volgeprop met vars denke vir jou Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Hilde Kruger en Hügo Krüger kontempleer bek-en-klouseer, onderskeidelik as kos- en kommunikasiekrisis.
Martin van Staden vra waarom Afrikaners verknog is aan die staat as arbiter van naamsveranderinge, en Fred Camphor, voormalige hoof van die SA Jag- en Wildbewaringsvereniging, stel sy ervare visier op die frustrerende geskiedenis van swak vuurwapenadministrasie in.
Frank Furedi sien in 'n leenplasing deur die politieke muntslaners in die alewige stryd om slagofferskapsidentiteit, terwyl Bouwe van der Eems die DA-geleide onderwys Establishment beoordeel en bepunt, en die kliniese sielkundige prof. Rex van Vuuren besin oor die plek en rol van minagting in ons sielkundige mondering.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Andrew Mountbatten-Windsor van Brittanje, eens bekend as Prins Andrew, is in hegtenis geneem op aanklagte van wangedrag in die amp.
Die Board of Peace oftewel Vredesraad het sy eerste vergadering in Washington, D.C. gehou, met die Gasastrook as sentrale tema.
Marco Rubio het tydens 'n besoek aan Boedapest gesê Amerika en Hongarye betree 'n “goue era” van betrekkinge, en premier Viktor Orbán meegedeel dat Donald Trump sterk toegewyd is aan Hongarye se sukses.
Die Withuis se woordvoerder Karoline Leavitt het gesê daar is “baie redes en argumente wat 'n mens kan aanvoer vir 'n aanval teen Iran” en het Teheran gewaarsku dat dit “baie wys sou wees om 'n ooreenkoms met die VSA te sluit.”
China verstewig sy greep op Afrika met 'n nuwe vryhandelsooreenkoms.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Hoe gemaak met iets soos genadedood? deur Christina Landman op Netwerk 24.
Why the World Is Drawing a Line on Social Media for Kids deur John Haidt op sy Substack After Babel.
Why New Atheism Crumbled deur Nick Pompella op The Dispatch.
Sentrale beheer, verlore kundigheid en 'n jeug sonder rigting deur Bennie van Zyl op Maroela Media.
The Humanities Are About to Be Automated deur Yasha Mounk op sy persoonlike Substack.
Canada’s unmarked graves: No bodies, no accountability deur Chris Champion en Tom Flanagan op Quillette.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.














Ontlaer is 'n vars briesie elke week. Solank die meningskrywers hulle onthou aan die gewilde "Trump-haat", die onbeperkte ondersteuning van "inklusiwiteit" en die eensydige ondersteuning van liberalisme. Mooi week.