Voldag Vrydag met OntLaer (23 Januarie 2026)
Lekker leesstof vir jou leesgierige Vrydag.
DIE WEEK IN DRIE (LANG) SINNE:
Eugene Brink skryf 'n nugtere ontleding oor hoekom Afrikaanse skole te midde van demografiese druk en politieke teenwind steeds as eilande van uitnemendheid floreer, en Hilde Kruger besin oor hoe klank van 'n tasbare kulturele ervaring tot 'n strategiese handelsmerk ontwikkel het.
Uit die buiteland skryf Karl Kemp 'n skerp, selfondersoekende reisessay wat migrasie en identiteit onder die loep neem, Daniël voer aan dat China se “onvermydelike” oorname meer 'n narratief as 'n strukturele werklikheid is, en Jurie van der Walt ontleed hoe uiteenlopende diktature volgens dieselfde outoritêre logika funksioneer.
Hügo Krüger bespreek Herman Giliomee se boek en waarom die “onafgehandelde sake” van Kodesa vandag weer hardop vra om herbesin te word, Bouwe van der Eems beskryf 'n wêreld wat teen oorbevolking gewaarsku het nou met onderbevolking se gebakte pere sit en Louise Mabille ontleed 'n keerpunt waar die ou progressiewe narratief taan en 'n nuwe politieke volwassenheid begin vorm.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Oorstromings in Mosambiek verplaas meer as 300 000 mense in net een provinsie.
Donald Trump het die VK se plan om die Chagos-eilande aan Mauritius oor te dra beskryf as 'n “daad van GROOT DOMHEID”.
Kanadese eerste minister Mark Carney sê die wêreldorde is verby – middelmoondhede moet saamstaan.
Marokko oorweeg regsaksie ná chaotiese einde van AFCON-finaal.
Die FTSE 100 het met 1,37% gedaal tot 10 056 en Europese markte het met sowat 1,1% teruggesak te midde van onsekerheid oor Groenland en die Wêreld Ekonomiese Forum-kragmeting.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Babel at Davos: Why the Transatlantic Alliance Is Talking Past Itself deur Zined Riboua op Beyond the Ideological
Meta’s Legal Team Abandoned Its Ethical Duties deur Casey Mock op After Babel
Gen Z Men and the Spectacle of Status deur Eddie LaRow
Text is king deur Adam Mastroianni
How Trump’s ruthless first year erased the Biden presidency deur Zachary Basu op Axios
Beyond Race deur John McWhorter op Persuasion
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















