Voldag Vrydag met OntLaer (8 Mei 2026)
Iran, Banksy, Op My Eish en Voltaire, alles in een uitgawe.
DIE WEEK IN VIER SINNE:
Eugene Brink voer aan dat die debat oor Iran wys hoe populisme in onkritiese emosie kan verval, pleitend vir 'n meer krities-denkende populisme, en Frederik waarsku dat Afrikaners, soos die Skotse hooglanders en die Jakobiete in die 1700’s, nie hul kulturele selfhandhawing aan romantiese buitelandse politieke bewegings soos MAGA moet verpand nie.
Hilde Kruger meen dat Banksy se Blind Patriotism-beeldkuns as 'n “anti-Delacroix” gelees kan word, Lezli Edgar is daarvan oortuig dat Op My Eish meer as net “trash TV” is, en Jurie van der Walt skryf dat die Midde-Ooste debat nie net deur gebeure self gevorm word nie, maar deur alliansies, magspolitiek en media-narratiewe.
Angus Douglas sien linkse wanhoop en Israel se onvergeeflike oorlewingskrag in JM Coetzee se Jerusalem skrywersfees-weiering, Johan Weideman voorspel dat Bloemfontein ná 2026 moontlik 'n koalisiestad kan word. Paul skryf in sy DinkWeer Donderdag-beurtrubriek dat Afrikaners dalk minder tyd aan plaasvervangende Trump-oorloë moet bestee en meer tyd aan Voltaire se ou raad: Bewerk Jou Eie Tuin.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Is die wapenstilstand in die Midde-Ooste verby? Dit het beslis so gelyk, toe die VSA en Iran missielvuur in die Straat van Hormuz uitgeruil het en skepe van die Verenigde Arabiese Emirate en Suid-Korea aangeval is.
Narendra Modi het sy greep op Indië verstewig nadat sy BJP vir die eerste keer 'n meerderheid in Wes-Bengale gewen het, met 206 uit 293 setels.
Britse kiesers het gister in Engeland, Wallis en Skotland gaan stem in plaaslike en streeksverkiesings wat as 'n belangrike toets vir Keir Starmer, die Konserwatiewes en Nigel Farage se Reform-party beskou word, met uitslae wat vandag reeds begin deurkom.
Twee Britte is in self-afsondering nadat hulle op 'n vaartuig was waar 'n hantavirus-uitbreking drie mense se dood veroorsaak het, terwyl die skip nou toestemming gekry het om in die Kanariese Eilande te dok.
Noord-Korea het alle grondwetlike verwysings na hereniging met Suid-Korea geskrap en sy buurland nou formeel as die Republiek van Korea benoem, in wat moontlik 'n betekenisvolle verskuiwing in Pyongyang se houding teenoor Seoul aandui.
Die EU het 'n ernstige terugslag in Roemenië gekry nadat premier Ilie Bolojan 'n vertrouensstemming verloor het, hoewel 'n vroeë verkiesing onwaarskynlik bly.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
Too Much Science in the Curriculum deur Steve Salerno op Quillette
I hold AfriSol responsible for reviving the image of my tribe as selfish, racist bullies deur Max du Preez op die webblad van Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA)
Why is Murder Evil, exactly? op die Athenaeum Book Club Substack
Nama-stam steun stryd vir selfbeskikking op Maroela Media
Misdaad is die skaduwee oor elke ras, elke klas en elke straat in Suid-Afrika deur Paul Khambule op Binne+Land.
New statue proves Banksy has lost his anti-establishment streak deur J.J. Charlesworth op UnHerd
Who Stands to Gain Most From the MAGA Split deur Sam Kahn op Persuasion
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.
















