Voldag Vrydag met OntLaer (9 Januarie 2026)
Voorspoedige nuwe jaar!
DIE WEEK IN DRIE (LANG) SINNE:
Eugene Brink en gasskrywer Chris Hattingh sny deur die morele verontwaardiging en vra ongemaklike vrae oor die “reëls-gebaseerde wêreldorde” na Nicolás Maduro se dramatiese gevangenisneming, en Jurie van der Walt ontleed die onrus in Iran se strate.
Bouwe van der Eems vra of die staat nog enigsins in staat is om miljoene kinders ordentlik op te voed, en gasskrywer James Meacham daag linksgesinde onverdraagsaamheid uit met 'n pleidooi vir werklike gesprekvoering.
Frederik se vakansie-leesstof lei na verrassend aktuele lesse uit die lewe van die laat Romeinse keiser Julianus, terwyl Hercules Boshoff wys hoe advertensies nie net ons aandag steel nie, maar stilweg ons geloof, politiek en begrip van die goeie hervorm, en Daniël kyk vorentoe en vra wat ná transformatisme kom.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Venezolaanse owerhede sal olie ter waarde van tot £2 miljard aan die VSA oorhandig, het Donald Trump beweer.
Betogings in Iran duur al vir twee weke in die meeste van die land se provinsies en die land se geldeenheid bereik rekordlaagtepunte teenoor die VSA dollar.
Israel en Sirië sal 'n kommunikasie-meganisme instel na gesprekke wat deur die VSA bemiddel is.
Die nuwe New Yorkse burgemeester Zohran Mamdani verklaar tydens sy inhuldiging dat Suid-Afrika sy model vir New York is.
Noordelike Mosambiek se Islamitiese opstand, gas en dwelms plaas die streek moontlik op Donald Trump se radar.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
The Real Reason China and Russia Won’t Try a Maduro-Style Raid deur Decker Eveleth op Foreign Policy
Die Gorilla Slaap en maak oorlog waar hy wil, selfs al is hy diep in die skuld deur Willem Kempen op Binne + Land
Things Worth Remembering: Orwell Saw This Coming deur Charles Lane op The Free Press
Donald Trump’s oil gamble deur John Rapley op UnHerd
Why American Power Is Always on Trial deur Zineb Riboua op Beyond The Ideological
Woke isn’t dead deur Patrick West op The Spectator
Denmark is adopting colonial logic on Greenland deur Johan Wennström op UnHerd
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.















