Vrydag met OntLaer (13 Junie 2025)
Alles nuut en vars op OntLaer, van kaping van gesprekke tot woelinge oor identiteit
DIE WEEK IN VIER SINNE:
Dirk Hermann en Jan Bosman wys op die groeiende spanning tussen staat en burgerlike samelewing en dat ware dialoog en inspraak ondermyn word deur sentralisering en politieke manipulering, wat kulturele selfbeskikking bedreig.
Gasskrywer Louise Mabille lewer repliek op Jean Oosthuizen se April artikel op OntLaer en voer aan dat post-Christelike denke dikwels ongemerk voortbou op die Christelike metafisika wat dit probeer verwerp.
Hercules Boshoff en Daniël Eloff verken hoe digitale en ideologiese paradigmas ons denk- en leesprosesse beïnvloed—van hiper-tekstuele verleiding tot identiteitsgebaseerde slagofferskap—en hoe dit verhoudings en diskoers hervorm.
Frederik van Dyk ondersoek die wetlike fynskrif van onteiening en wys hoe politieke magsbalanse en tegniese regsbesluite groter ideologiese agendas stilweg kan dryf en die gerekende Fransjohan Pretorius lewer sy eerste bydrae aan OntLaer met ‘n geskiedenis oor boerelaers.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Betogings en onluste in Los Angeles ná immigrasie-owerhede onwettige immigrante begin arresteer en tientalle in hegtenis geneem is
Mahmoud Abbas, die President van die Palestynse Owerheid, het 'n beroep op Hamas gedoen om “hul wapens neer te lê” en op te hou om Gaza te regeer.
Greta Thunberg is deur die Israeliese weermag in hegtenis geneem nadat sy probeer het om met 'n seiljag hulp na Gaza te stuur.
Nie-noodsaaklike personeel van die Amerikaanse ambassade in Bagdad en hul afhanklikes gaan uit Irak ontruim word weens verhoogde veiligheidsrisiko.
Elon Musk sê hy is spyt oor sommige van sy onlangse plasings oor Donald Trump.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“The National Dialogue Is Another Conversation We Don’t Need” deur Daniël Eloff op Daniël Eloff’s Newsletter
“New York girls have betrayed feminism” deur Poppy Sowerby op UnHerd
“Transformasie, die virus met ‘n ewige lewe” deur Piet Croukamp op Binne+land
“Hokaai KI-dissipels, ons wil darem nog self dink” deur Rèné Eloff op Netwerk24
“Apologies in the stars: SA’s Satellite Policy and the perils of ideological rigidity” deur Paul Maritz op Politicsweb
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.