Vandag met OntLaer (27 Februarie 2026)
'n Kort opgaaf van die week.
DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Frederik bekyk die kandidaatskap van die prokureur Willie Spies in Snorstad, teen die agtergrond van die VF-Plus se ontwikkelende karakter, Eugene Brink ontleed die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, se toespraak by die Sekuriteitskonferensie in München, en Paul soek in die tuine van Versailles na die wortels van die Franse Rewolusie.
Hilde Kruger skryf oor die hartseer by Huletts, die vermaarde ou suikerreus wat moontlik gelikwideer gaan word, en leser Piet du Plessis keer terug met 'n boeiende polemiek oor die noodsaak van vertroue in die waardigheid van Westerse bydraes tot Suid-Afrika.
Tersia du Plessis skryf teen die veronderstellings agter Orania na afloop van haar eie ervaring van die Noord-Kaapse Afrikanerdorp, Barend Wesseloo is bekommerd oor die antisemitiese slang wat skynbaar om Suid-Afrikaanse skoolgemeenskappe krul, en ons plaas weer oudergewoonte gister se DinkWeer Donderdag-artikel, die slag deur Daniël.
Lekker vol. Lekker lees!
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.














