Discussion about this post

User's avatar
PIET DU PLESSIS's avatar

Daniël, dis 'n goeie uiteensetting. Dit het my eie gedagtes egter ook laat gaan in die rigting van 'n dalk noodsaaklike terugkeer na die "wortels" van menslike instellings waarna jy verwys het, of dan die mees eenvoudige instellings op die mikrovlak, soos die gesin, uitgebreide gesin, die stam ("clan"), groter groep wat 'n belangrike element of elemente met mekaar in gemeen het: taal, godsdiens, etnisiteit, handel, geografie, ens. Jy het mooi uiteengesit hoe daardie kleiner groeperinge oor tyd groter en meer divers geword het en selfs in baie gevalle in monsters (my woord!) ontaard het in terme van hul regeringstelsel, ten minste. Daardie is feite.

Wat ek egter wil uitlig, is dat daar wel geleenthede behoort te wees om die "monster" te ontsnap. Ongelukkig word daardie wegbreekopsies dikwels verdag gemaak, deur daarna te verwys met vele naamwoorde/sinsnedes wat iets "boos" moet beskryf. Sjoe, daar is baie daarvan, maar ek sal maar net 'n klompie noem wat vir ons as Suid-Afrikaners welbekend is (lees dit in aanhalingstekens, want dis bloot etikette wat dikwels om baie verdagte redes geskep is/word):

Laertrekkers (nogal ironies, gegewe dat hierdie woord in OntLaer gebruik word)

'n Hunkering terug na die Apartheidsjare met blanke baasskap en -bevoorregting

'n Onwilligheid om te transformeer (Franz Kafka-styl???)

Wit meerderwaardigheid en beterweterigheid

(Blanke/Wit) rassisme, want daar is mos geen ander soort rassisme nie

Die noodsaak van swart regstellende aksie, want geen wit kind of jong wit manlike persoon het mos enige reg op of behoefte aan regstelling nie, want selfs die ongeborenes van die apartheidsjare is per staatsdefinisie dertig jaar later bevoorreg

Goed, nou by die kern van my gedagtegang: om watter totaal objektiewe, nie-polities geïnspireerde redes moet WIE besluit dat die etikette waarna ek verwys het (en waarby meer toegevoeg kan word), as redes moet dien om nie die "monster" te mag ontsnap nie? As 'n groep 'n belangrike element of elemente met mekaar in gemeen het: taal, godsdiens, etnisiteit, handel, geografie, ens., moet die "monster" besluit dat hul motiewe verdag is? Moet hulle geëtiketteer word met naamwoorde en sinsnedes wat nie bewys hoef te word nie, maar bloot bewapen moet word met staatsmag, politieke oorheersing, getalle-oorheersing, of watter ander gewaande rede ook al, om hulle dan nie te gun om hul eie pad te loop nie? Ná alles is "federalisme", of iets wat daardie karakter het, tog wel bekend en werk ook goed elders in baie dele van die wêreld. Is dit dus geregverdig om groepstrewes om weer kleiner eenhede te wil stig, bloot boosheid te noem en te probeer diskrediteer met onbewese insinuasies of etikette? Ek dink nie so nie.

Daniël, ek is werklik dankbaar dat jou goeie en gebalanseerde opiniestuk my die geleentheid gebied het om voort te borduur en verder te debatteer, wat ek dink juis die idee agter OntLaer is.

Hilde Kruger's avatar

Dis uitstekend gestel en geskryf. Dankie!

No posts

Ready for more?