Voldag Vrydag met OntLaer (24 Julie 2026)
Skynbarbare, Schiller, en skepe om die Kaap.
DIE WEEK IN DRIE (EN 'N BIETJIE) SINNE:
Paul skryf 'n kragtoer na aanleiding van die Bokkieweek-relletjie (op sterkte van JM Coetzee se Waiting for the Barbarians) en vra 'n dwingende vraag: Wat beteken multikulturalisme indien geen kultuur toegelaat word om sterk genoeg te wees om sigself oor geslagte heen te handhaaf nie?
Dr Eugene Brink maak sy Dinkweer Donderdag-debuut en besin oor pragmatiese balanseertoertjies, terwyl Hercules Boshoff ons trakteer met sy eie vertaling van 'n Schiller-toespraak gelewer op die vooraand van die Franse Rewolusie.
Hilde prys Polaroid se tegno-behoudende strategie aan, Bouwe redeneer dat mans se randfigurering tot werklike implikasies lei, Piet soek versoening tussen ideologiese tweespalt, Hügo Krüger wonder of die ANC bereid sal wees om die Kaap se groot handelskans toe te laat, en ons herinner u aan Hercules Boshoff se FilosofieKafee-seminaar in Wellington vanaand.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Andy Burnham van die Arbeidersparty is as Brittanje se nuwe eerste minister aangewys, die sesde sedert Brexit.
Die handelsooreenkoms tussen die VSA en Saoedi-Arabië is daarvan afhanklik dat Saoedi-Arabië die Staat Israel erken, volgens Donald Trump.
Die Franse parlement het 'n verbod op sosiale media vir kinders onder 15 goedgekeur, en volg daarmee die Australiese voorbeeld.
Die heropbou van die Gaza-strook gaan luidens 'n nuwe verslag ten minste $71 miljard kos.
Die satiriese, jeugdige “Kakkerlakparty” in Indië, grootliks 'n beweging van afgestudeerde, gekwalifiseerde jongmense wat gefrustreerd is met die tekort aan werksgeleenthede in hul land, word toenemend die onderwerp polisieverdrukking.
INHOUD VAN BUITE, MAAR BINNE ONS BELANGSTELLING:
WWJD - AfriSol = AvSA deur Piet Croucamp op Binne+Land
Naming the Threat: Third-Worldism deur Zineb Riboua op Beyond The Ideological
The Anti-Populist deur Gilad Edelman op The Atlantic
How Judith Butler Built “Gender” — and What She Broke to Do It deur Henry Ergas op sy eie Substack
Het jy al gesien nuwe huise het nie gange nie? deur Johann Nell op Netwerk24
What Christopher Nolan Couldn’t Bring Himself To Do deur Rob Henderson op DailyWire
Zohran Mamdani Doesn’t Know What Working Class Means deur Rob Henderson op sy Substack
The paradox of left conservatism: Reclaiming postliberal politics from the Right deur Adrian Pabst op Postliberalism
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste artikels, potgooi-gesprekke en redaksiebriewe asook bydraes en insigte van skrywers regoor ons netwerk.
Ons wil graag by jou terugvoer kry.
















