DIE WEEK IN DRIE SINNE:
Frederik, Daniël en die gasskrywer Christoff Odendaal besin oor die Afrikanervlugtelinge, Hercules Boshoff skryf oor pouslike paternalismes in ons politiek, en Paul maak 'n saak uit vir belesenheid.
Gasskrywers Louis Boshoff en Ian Cameron, DA-LP skryf onderskeidelik oor die Argentynse Afrikanerboere en die nadraai van Mashatile se bloulig-boelie verhaal, en Hendrik Theys dra by tot die Afrikaans100 gesprek.
Ons plaas ook Professor Henk Botha van Maties se repliek op een van Daniël se artikels oor vryheid, en kritiek deur 'n leser op Minister Macpherson se “nul vergoeding” debakel.
Lekker vol. Lekker lees!
INTERNASIONALE STORIES OM VAN KENNIS TE NEEM
Die Duitse minister van verdediging, Boris Pistorius, het voorgestel dat sy land sal vorder na ’n besteding van 5% van BBP aan verdediging.
Rusland het Amnesty International verban nadat dit die organisasie as “ongewens” verklaar het weens hul steun aan Oekraïne.
Formule Een se beheerliggaam, die FIA, het ná vyf jaar van verliese weer winsgewend geraak en verlede jaar 'n bedryfsinkomste van €4,7 miljoen aangeteken.
Brittanje voorsien die droogste lente in 100 jaar, met 'n “medium” risiko vir 'n somerdroogte wat oor die eiland hang.
Voormalige Amerikaanse president Joe Biden is gediagnoseer met 'n “aggressiewe vorm” van prostaatkanker.
Inhoud van buite, maar binne ons belangstelling:
“Ramaphosa + Trump: 'n agenda van verduidelikings?” deur Piet Croucamp op Binne + Land.
“Terwyl die 1994-bedeling kwyn, ontkiem nuwes” deur Koos Malan op Netwerk24.
“Paul Mashatile and the ANC’s deception about land must be exposed” deur Barend Buys op BusinessLive.
“Elon Musk was destined to fail” deur David Auerbach op UnHerd.
“MAGA in Twilight” deur Ross Barkan op Political Currents deur Ross Barkan.
Volg OntLaer Facebook en LinkedIn vir ons jongste inhoud.
Ons wil graag by jou die leser terugvoer kry.